Liefdadigheidsprojek op dorp kan dalk ontspoor
Altesaam 42 gesinne is tans op die lys wat noukeurig nagegaan word om te bevestig of daar nie geld uit ’n ander oord ontvang word nie.
Die liefdadigheidsinisiatief wat onder leiding van me. Arista van der Merwe funksioneer, doen ‘n beroep op die gemeenskap om moontlik een gesin ‘aan te neem’.
Me. Van der Merwe het op Dinsdag 14 Julie gesê dat hulle steeds kospakkies twee maal per maand uitdeel, maar dat die geld so te sê uitgeput is.
Haar voorstel behels ‘n aannemingsprogram vir diegene wat vir ‘n paar maande R600 per gesin maandeliks kan bydra.
“Enige voorstelle van die publiek is welkom om die projek volhoubaar te maak,” het me. Van der Merwe ook gesê.
Die Lionsklub op Standerton het reeds hul samewerking beloof.
Enigeen wat ‘n bydrae wil maak, kan dit by Van der Merwe Ouditeure se Absa-rekening, takkode 632005, rekeningnommer 1002070924 inbetaal.
Skakel me. Van der Merwe by 082 873 8365 vir enige navrae.
Lees ook: Hulpbehoewendes op die dorp ontvang kospakkies



