
SECUNDA – Laerskool Secunda se hoof, me. Marietha Cole, het onlangs haar 64ste verjaardag gevier en die personeel van dié skool het op Dinsdag, 4 Augustus, seker gemaak hul hoof geniet haar verjaardag in die grendeltyd.
Sowat 30 personeellede het by haar huis opgedaag en haar met ’n verbyry-partytjie verras.
Almal het in ’n konvooi verby haar huis gery en geskenke, blomme en ballonne afgegee en haar seën toegewens vir haar verjaardag.
Me. Cole het selfs ’n spesiale masker ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



