NewsSchools

Kruintjie Pre-Primêre Skool daag Kruinpark se leerders en onnies uit om Jerusalema-uitdaging aan te pak

Laerskool Kruinpark se leerders en onderwysers het dié uitdaging met albei hande aangegryp en gaan op Vrydag, 28 Augustus, dié uitdaging by die skool uitvoer.

Die onderwysers van Laerskool Kruinpark se Kruintjie Pre-Primêre-afdeling, het vandag (20 Augustus), ’n video opgeneem en op hul sosiale mediaplatforms geplaas waarin hulle die leerders en onderwysers van Kruinpark uitdaag om aan die Jerusalema-uitdaging, wat tans wêreldwyd versprei word, deel te neem.

Laerskool Kruinpark se leerders en onderwysers het dié uitdaging met albei hande aangegryp en gaan op Vrydag, 28 Augustus, dié uitdaging by die skool uitvoer.

Me. Anita de Beer, skakelbeampte van Kruinpark, het gesê weens die Covid-19 reëls en regulasies en sosiale afstand, gaan die leerders en onderwysers in groepe aan dié uitdaging deelneem.

Die woorde van die Jerusalema-liedjie is:
Zungangishiyi lana (Do not leave me here)
Jerusalema ikhaya lami (Jerusalem is my home)
Ngilondoloze (Guard me)
Uhambe nami (Walk with me)
Zungangishiyi lana (Do not leave me here)

Ndawo yami ayikho lana (My place is not here)
Mbuso wami awukho lana (My kingdom is not here)
Ngilondoloze (Guard me)
Zuhambe nami (Walk with me)

Kyk Laerskool Kruinpark se oefen video hier op hulle Facebook-blad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button