NewsSchools

Talitha Kruger eindig onder top vyf met foto’s

Hoërskool Secunda matriekleerder dring deur na tentoonstelling

SECUNDA – Talitha Kruger, ‘n matriekleerder aan Hoërskool Secunda, het onlangs aan die nasionale Talent Africa-kompetisie deelgeneem en onder die top vyf in die fotografie-afdeling geëindig.

Sy het twee goue toekennings verwerf en is as een van die top vyf presteerders in die senior kreatiewe kunste-afdeling aangewys.

Sy het ook aan die Allegretto Eistedfodd se fotografie-afdeling deelgeneem en 99.5 persent vir haar beste foto verwerf en 97 persent vir haar foto wat negende geëindig het. Sy dring dus deur na die Allegretto se tentoonstelling.

Talitha Kruger van Hoërskool Secunda, het onlangs in die nasionale Talent Africa-kompetisie presteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button