Die Vryheidsfront Plus het die belangrikheid dat mense in landelike gebiede by buurtwaggroepe en gemeenskapspolisiëringsforums aansluit, onderstreep.
Volgens ‘n persverklaring van 3 September deur mnr. Werner Weber, provinsiale leier, moet waaksaamheid verskerp word om teen misdaad voor te berei.
Voorvalle naby Sundra en Bethal is genoem.
“Daar bestaan geen twyfel nie dat gereedheid, goeie kommunikasie en die gemeenskaplike doelwit van buurtwaggroepe en samewerking met die polisie lei tot die voorkoming van meer plaasaanvalle,” het mnr. Weber gesê.
Die party het ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners, veral boere, gedoen om binne die reg op te tree om hulself en hul eiendom te beskerm.



