AfriForum se buurtwag op Standerton het op 28 Augustus daarin geslaag om ‘n gesteelde voertuig op te spoor. Volgens ‘n persverklaring, is die voertuig tydens ‘n gesamentlike aksie met die Standerton Polisie gevind nadat dit in Mispelstraat in Kosmospark opgemerk is. Die patrolliebeamptes het ondersoek ingestel, die voertuig se besonderhede nagegaan en daarna die eienaar op Secunda geskakel. Daar is vasgestel dat die voertuig wel gesteel is. “‘n Voertuig soos hierdie kan maklik deur kriminele aangewend word om misdade te pleeg,” het mnr. Gerhard Moll, buurtwagleier, gesê. “Ons is bly ons kan gemeenskappe ook op dié manier bystaan.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



