NewsSchools

Kruinpark-redenaars presteer in drie kompetisies

Altesaam 88 items van Kruinparkers sal by die eindronde van dié kompetisies opgevoer word.

SECUNDA – Leerders van Laerskool Kruinpark het tydens die grendeltyd aan die Podium Pret-, Conspirito- en die Radikale Redenaarskompetisies en die Leesfees aanlyn deelgeneem en presteer.

Altesaam 88 items van Kruinparkers sal by die eindronde van dié kompetisies opgevoer word.

Die redenaars wat na die eindronde van die Conspirito-kompetisie deurgedring het, is Kyle Olckers (poësie), Sebastian Botha (lees en poësie), Milan Zwarts (redenaars), Lianke Obermeyer (redenaars), Alexander Botha (lees, poësie), Aiden Olckers (redenaars, poësie, lees in Engels en Afrikaans), Amelia Shaw (redenaars), Katelyn Shaw (redenaars) en Katie van der Walt (redenaars).

Die leerders wat na die Radikale Redenaarskompetisie en Leesfees se eindronde deurgedring het, is Dinelle Pretorius (redenaars), Eckhard Beelders (redenaars), Botha (lees: prosa), Markus Coetzee (lees: poësie), Heike de Klerk (redenaars en lees: prosa) en Milan Zwarts (redenaars en lees: poësie).

Abigail Zwarts (redenaars), Anru Aucamp (redenaars), Ju-Ané du Plessis (redenaars), Imke van der Lith (lees: prosa), Janieke van der Merwe (lees: poësie), Amelia Shaw (redenaars en lees: prosa), Katelyn Shaw (lees: prosa), Eduan van der Merwe (lees: poësie), Janko Visser (redenaars: Afrikaans en Engels) en Amber van Buuren (lees, Engels: poetry) het ook na die eindronde van die Radikale Redenaarskompetisie asook die Leesfees deurgedring.

Die redenaars wat na die Podium Pret-redenaarskompetisie se eindronde deurgedring het en goed gevaar het, is Sebastian Botha (redenaars), Dine-Mari Grobler (redenaars), Lerisha Swiegers (redenaars), Marieloné Sykes (redenaars), De Klerk (redenaars en lees) en Milan Zwarts (redenaars en lees).

Die ander leerders wat ook na die Podium Pret-redenaarskompetisie se eindronde deurgedring het, is Dehan Horn (redenaars), Abigail Zwarts (redenaars en lees), Miane van Niekerk (redenaars), Aiden Olckers (redenaars, lees: prosa en en gedig), Lianke Obermeyer (redenaars en lees, Engels en Afrikaans) en Alexander Botha (redenaars).

Ju-Ané du Plessis (redenaars), Amelia en Katelyn Shaw (redenaars en lees), Alissa van Niekerk (redenaars), Katie van der Walt (redenaars), Estian Knoetze (redenaars), Janko Visser (redenaars Afrikaans en Engels) en Pieter van Niekerk (redenaars, verwelkoming en onvoorbereid) het ook goed gevaar in die aanlyn Podium Pret-redenaarskompetisie in hul onderskeie afdelings en sodoende ook na die eindronde deurgedring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button