SECUNDA – Hoërskool Secunda se redenaars het onlangs tydens ‘n aanlyn-redenaarskompetisie op nasionale vlak presteer en twee eerste plekke, vier tweede plekke, drie derde plekke, twee vierde plekke en ses vyfde plekke ingepalm.
Jan-Hendrik Groenewald (gr.10) het ‘n eerste plek in ‘Reading Prose’ behaal, ‘n tweede plek in ‘Reading Poetry’ en ‘n vyfde plek in sy Afrikaanse moedertaal-toespraak.
Sonèl de la Rey (gr. 12) het ‘n eerste plek in haar tweetalige toespraak behaal, ‘n derde plek vir haar ‘Reading Poetry’ en ‘n vyfde plek in Lees Poësie.
Ruchelle van Heerden (gr. 12) het ‘n tweede plek vir haar Afrikaanse Moedertaal toespraak behaal, ‘n tweede plek vir ‘Reading Prose’ en ‘n derde plek vir Lees Prosa.

Chana Dunn (gr. 10) het ‘n tweede plek in ‘Reading Poetry’, ‘n vierde plek in Lees Poësie en ‘n11de plek in haar ‘English FAL’-toespraak behaal.
Gabriëlla Stemmet (gr. 8) het ‘n derde plek in haar ‘English FAL’-toespraak behaal, ‘n vyfde plek in ‘Reading Prose’ en ‘n sesde plek in ‘Reading Poetry’.
Caley Ellish (gr. 11) het ‘n vierde plek behaal in ‘Reading Poetry’ en ‘n sewende plek in Lees Prosa.
Lana Hyman (gr. 9) en Henri Viljoen (gr. 11) het ‘n vyfde plek in hul ‘English FAL’- toesprake behaal en Danelle van der Merwe (gr. 12) het ‘n vyfde plek vir haar Afrikaanse moedertaal-toespraak behaal.
Marelize van Niekerk (gr. 8) het ‘n agtste plek vir haar Afrikaans Moedertaal toespraak behaal en ‘n negende plek vir Lees Poësie.
Mia Louw (gr. 10) het ‘n sesde plek vir Lees Prosa behaal en Mignon van Zyl (gr. 10) het ‘n 10de plek in ‘Reading Poetry’ behaal.
Cara Strydom (gr. 11) het ‘n negende plek vir Lees Poësie behaal en ‘n 11de plek vir Lees Prosa.







