CrimeNews

AfriForum se Mpumalanga-buurtwagte neem aan nasionale massapatrollie deel

“Ons is dankbaar om ’n verskil in gemeenskappe te maak deur inisiatiewe soos die, het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek gesê.

AfriForum-buurtwagte in Mpumalanga het op 18 September aan die burgerregteorganisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem wat landwyd gehou is.

Talle ander veiligheidstrukture het ook ingeval.

Die doel van die patrollie was om samewerking tussen verskillende gemeenskappe en veiligheidstrukture te bevorder om sodoende misdaadvoorkoming te bewerkstellig.

Nagenoeg 340 AfriForum-patrolleerders het saam met 359 patrolleerders van ander strukture aan die patrollie deelgeneem met meer as 21 411 km wat deur 395 voertuie tydens die patrollie afgelê is.

Patrollies is in die volgende dorpe gehou: Argent, Delmas, Dullstroom, Ermelo, Leandra, Lydenburg, Machadodorp, Malelane, Middelburg, Nelspruit, Piet Retief, Secunda, Standerton en Witrivier.

“Ons is dankbaar om ’n verskil in gemeenskappe te maak deur inisiatiewe soos die, het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek gesê.

“Ons moet saamwerk in die stryd teen misdaad,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button