TRICHARDT – Mnr. Kosie Kruger wat op Saterdagoggend, 12 September in die vroeĆ« oggendure betrokke was by ‘n skietvoorval waarin sy vriend, mnr. Jakobus Beyleveldt doodgeskiet is, is dieselfde oggend in hegtenis geneem.
Hy het op Maandag, 14 September in Secunda hof verskyn op aanklagte van moord en hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Sy saak is uitgestel na Dinsdag, 6 Oktober.
Volgens die woordvoerder van Trichardt Polisie, konst. Valencia Koma, het Trichardt Polisie omstreeks 4vm op 12 September ‘n oproep van Mediclinic Highveld gekry oor iemand wat doodgeskiet is.
Toe die polisie by die hospitaal opgedaag het, was mnr. Beyleveldt weens ‘n skietwond in die kop dood.
Lees ook:
https://www.citizen.co.za/ridge-times/241218/jakobus-beyleveldt-sterf-in-skietongeluk-op-trichardt/



