Kosmos Aftree-oord op Standerton verkies nuwe direksie
Ds. Botha het op Saterdag 19 September gesê die direksie beskerm allereers die belange van die gemeenskap.
Kosmos Aftree-oord op Standerton het onlangs ‘n nuwe direksie verkies.
Die portefeuljes van die onderskeie lede is ds. Riaan Botha wat aan die stuur van die gemeenskap is, mnr. Fanie Potgieter vir bou- en eiendomsake, mnr. Hennie Pretorius vir personeel- en organisatoriese sake, me. Linda van Aswegen vir bemarking en openbare skakeling, mnr. Ferdie Weyers vir die sorgsentrum, mnr. Rudi van Rensburg vir finansies en mnr. Ed Coulsen, wat die inwoners verteenwoordig.
Ds. Botha het op Saterdag 19 September gesê die direksie beskerm allereers die belange van die gemeenskap.
Nadat ‘n kompromie bereik is met die inwoners, is daar wel verteenwoordiging op die liggaam en ‘n kieskollege bestaande uit direkteure en inwoners is in die lewe
geroep.
Hy het bygevoeg dat daar nie ‘n vaste termyn vir verkiesing van direksielede is nie, maar dat jaarliks gepoog word om een derde van die direksie met nuwe lede te vervang.



