Local newsNews

Kospakkies bring liefde, lig en hoop aan 180 gesinne

Die CMR het al die boere en hul werkers wat te midde van baie moeilike omstandighede voedselvoorsiening verseker het, bedank.

Die Mike Loutfie-stigting saam met Agri SA en die Christelik- Maatskaplike Raad (CMR) Mpumalanga het op 11 September 1 000 kospakkies met vars produkte aan verskeie gemeenskappe in Mpumalanga uitgedeel.

Volgens me. Sonja van Niekerk, toesighouer vir die Hoëveldstreek van CMR Mpumalanga het sowat 5 000 mense by die projek gebaat.

Die kospakkies sluit groot hoeveelhede vars vrugte en groente soos aartappels, uie, tamaties, wortels, appels, lemoene, beet en patats in.

Me. van Niekerk het gesê: “In ons streek is die kos deur die CMR-kantore van Ermelo, Carolina, Piet Retief en Volksrust aan 180 gesinne uitgedeel.”

Die CMR het al die boere en hul werkers wat te midde van baie moeilike omstandighede voedselvoorsiening verseker het, bedank.

“Baie dankie aan mnr Robert Davel, hoof-uitvoerende beampte van Mpumalanga Landbou wat hierdie inisiatief moontlik gemaak het, asook al die rolspelers en donateurs vir hierdie massiewe skenking.”

Sy het elkeen wat by die aflaai en vervoer van die kos betrokke was, uitgesonder en bedank vir hulle bydrae.

“Dit is ’n voorreg om te kon deel in hierdie ongelooflike spanpoging ter verligting van nood en om hierdeur die leuse van CMR – liefde, lig en hoop te laat sigbaar word.”

CMR Mpumalanga as welsynsorganisasie bereik jaarliks sowat 71 700 behoeftiges en streef daarna om in tye van nood, soos die Covid-19-pandemie, in die behoeftes van hul gemeenskappe te voorsien en hulle hoop te gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button