Hoërskool Oosterland nooi gemeenskap na inry-fliekaand by Secunda Mall
Besoek webwerf om kaartjies te koop of stuur ’n e-pos
SECUNDA – Hoërskool Oosterland bied op Vrydagaand, 2 Oktober en Saterdagaand, 3 Oktober ‘n inry-fliekaand by Secunda Mall aan.
Fliekgangers kan kies of hulle Vrydagaand, Lego Batman (2017) wil gaan kyk of Saterdagaand, Ford v Ferrari.
Kaartjies kos R250 per aand per motor en dit begin beide aande om 6.30nm.
Die restaurante in Secunda Mall gaan dié aand spesiale aanbiedinge hê. Fliekgangers kan vooraf kos bestel en dit voor die fliek begin, gaan haal.
Die geld van die kaartjies sal aangewend word om Oosterland se sentrum vir hul orkeslede, te voltooi.
Die fondasie en dak van dié sentrum staan reeds, maar die skool benodig nog geld vir die mure en die res van die sentrum.
Volgens me. Liné de Vries, skakelbeampte van Hoërskool Oosterland, sal dié sentrum as ‘n meerdoel-sentrum aangebied word en ook gebruik kan word vir ander geleenthede.
Vir meer inligting, of om jou kaartjie te koop, besoek die webwerf, www.tixa.co.za of skakel me. Liné de Vries by 082 786 0134 of stuur ‘n e-pos na bemarking@oosterland.co.za.



