Local newsNews

Etlike ongelukke op deurroetes na Standerton

All Star Towing Services het bontgestaan om na al die ongelukstonele te haas.

Voertuigbotsings het die afgelope naweek toegeneem.

All Star Towing Services het bontgestaan om na al die ongelukstonele te haas.

Die Vrede-pad was op Saterdag 26 September omstreeks 11.14vm weer opgeruim en veilig vir verkeer, maar teen 6.22nm is inligting ontvang dat ‘n voertuig op die Greylingstad-pad brand.

Dit is opgevolg met ‘n botsing vroegaand by die brandweerstasie op Standerton waar ‘n ambulans op die toneel was. ‘n WhatsApp-boodskap teen 8.56nm het aangedui dat ‘n ongeluk op die Volksrust-pad plaasgevind het. Inligting is om 10.16nm gestuur oor ‘n ongeluk op die Vrede-pad.

‘n Motor was op Sondagmiddag in ‘n botsing in Swartkopstraat betrokke en op die Morgenzon-pad het ‘n ongeluk laatmiddag plaasgevind. Daar was ook op Sondag ‘n ongeluk op die Volksrust-pad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button