Ermelo Fotoklub sien uit na eerste byeenkoms na inperkingstydperk
Me. Mari Kruger het die junior-afdeling met haar foto, Its jumping at me, gewen en mnr. Jan Ellis se foto, Ek watch jou, het die seniorafdeling gewen.
Ermelo Fotoklub sien uit daarna om hul eerste byeenkoms na die afsonderingstydperk aan te bied.
Dié klub het sedert die inperking fotograwe se inskrywings maandeliks digitaal beoordeel en die wenners aangewys.
Fotograwe se foto’s is aan mnr. Simon van den Heever, vir beoordeling gestuur.
Mnr. Van den Heever was vroeër ook ’n lid van Ermelo Fotoklub, maar bevind homself nou in Centurion.
Hy was baie beïndruk met Ermelo-fotograwe se foto’s.
Die klub bied die geleentheid aan beginnerfotograwe om by ander te leer en hul vaardighede te verbeter.
Maandeliks kry fotograwe die kans om drie foto’s in die ope-afdeling en een foto in die vasgestelde onderwerp-afdeling in te skryf.
Die vasgestelde onderwerp vir vandeesmaand was “Funnies”.
Me. Mari Kruger het die junior-afdeling met haar foto, Its jumping at me, gewen en mnr. Jan Ellis se foto, Ek watch jou, het die seniorafdeling gewen.
Maak seker om jou kopië van die Hoëvelder te kry vir al die uitslae.



