Kaalspruit-tak hou vergadering na Covid-19 regulasies verslap
Lede het artikels van óf herwinde materiaal, óf iets ouds, óf gemaakte ‘alice bands’, sowel as ’n flessie of twee konfyt, saamgebring.
Kaalspruit-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) kon op Dinsdag 22 September die grendelktydperkdroogte breek en vergadering hou.
Die groepie vroue het by die saal van die Hervormde Kerk bymekaargekom en die agenda, onder voorsitterskap van me. Marietjie Swart, afgehandel.
Die voorsitter van die Hoëveld-streek, me. Sophie Hugo, was ook teenwoordig, sowel as me. Gerda Büter, voorsitter van die Vaalrivier-tak.

Lede het artikels van óf herwinde materiaal óf iets ouds, óf gemaakte ‘alice bands’, sowel as ‘n flessie of twee konfyt, saamgebring. Me. Roz du Preez kon spog met ‘n botteltjie suurlemoen Moir’s, wat destyds in die Unie van Suid-Afrika vervaardig is, met ‘n prysetiket van 58c.
Na afloop van die verrigtinge het VLU-lede die Hoëveld Streekkonferensie, wat vir 18 Februarie volgende jaar beplan word, bespreek.



