CrimeNews

Plaaslike besigheid loop deur onder gewapende rowers

’n Tweede verdagte het die winkelbestuurder op die grond met ’n panga aangehou, terwyl die ander werkenemers met sakke voer toegemaak is.

’n Plaaslike winkel in Naudéstraat is op 1 Oktober deur drie gewapende verdagtes beroof.

Mnr. Oubaas de Jager van ACSU wat op die toneel was, het gesê dat hulle ’n noodoproep van die winkelassistent ontvang het met die boodskap dat daar moeilikheid by die winkel is.

Dit is kort daarna bevestig dat gewapende verdagtes die winkel betree het en waarna een van die verdagtes die winkelassistent met ’n knie in die gesig geskop het.

Dié verdagte het ook klaarblyklik die kasregister leeg gemaak.

’n Tweede verdagte het die winkelbestuurder op die grond met ’n panga aangehou, terwyl die ander werkenemers met sakke voer toegemaak is.

ACSU se reaksiespanne het die verdagtes met hul aankoms verjaag, en mnre. Thomas Vilakazi en Heinrich Roos was kort op die verdagtes se spoor.

Daar is ook skote op een van die verdagtes afgevuur, maar die verdagtes het oor die vlei in Wesselstraat verdwyn.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button