Ermelo SAVF daag ondernemings uit om aan Jerusalema dans deel te neem
Inwoners van die tehuis het die dans geniet en elke danser met ’n applous aangemoedig.
Ermelo SAVF-tehuis het op 9 Oktober aangesluit by die vele groepe wat op die ritme van die liedjie, Jerusalema, dans.
Die groep van die SAVF-tehuis het voor die dans ook ander ondernemings in Ermelo uitgedaag om die dans op 31 Oktober by die SAVF-tehuis uit te voer.
Die besighede wat uitgedaag is, is: Ligbron Akademie vir Tegnologie se gr.10- en gr. 11-leerders, Hoërskool Ermelo se gr.10- en gr.11-leerders, Emelo Provinsiale Hospitaal, Hardies Bande, Mediclinic, Ermelo Toyota, Tiger Wheel & Tyre, Maximus, die provinsiale apteek, Pan Solutions, Brakecore, Melrow Apteek, Roux Loodgieters, EN Building en Arrie Nel Apteek.
Inwoners van die tehuis het die dans geniet en elke danser met ’n applous aangemoedig.



