CrimeNews

Hof op Secunda stel saak teen Kosie Kruger uit vir verdere ondersoek

Ondersoek na Jakobus Beyleveldt se skietdood by vriende se huis duur voort

TRICHARDT – Mnr. Kosie Kruger wat daarvan aangekla word dat hy mnr. Jakobus Beyleveldt in die vroeë oggendure op Saterdag, 12 September doodgeskiet het, het op Dinsdag, 6 Oktober in die hof op Secunda verskyn en sy saak is na Dinsdag, 3 November uitgestel vir verdere ondersoek.

Mnr. Kruger het glo saam met mnr. Beyleveldt en nog vriende by ‘n huis op Trichardt gekuier en was te dronk om huis toe te bestuur en het toe besluit om by dié huis oor te slaap.

Volgens konst. Velencia Koma, skakelbeampte van Trichardt Polisie, het die polisie dié betrokke oggend van 12 September omstreeks 4vm ‘n oproep van Mediclinic Highveld gekry oor iemand wat geskiet is.

Met die polisie se aankoms by die hospitaal was mnr. Beyleveld reeds dood en het ‘n skietwond in die kop gehad.

Mnr. Kruger het glo vir die polisie gesê hy en mnr. Beylevelt het die aand gaan slaap en mnr. Beyleveldt het reeds in die bed gelê terwyl mnr. Kruger oppad was om te gaan slaap.

Hy wou glo sy vuurwapen bêre toe die skoot afgegaan het wat mnr. Beyleveldt in die kop getref het.

Mnr. Kruger het mnr. Beyleveldt toe in sy voertuig gelaai en hom hospitaal toe geneem waar hy dood verklaar is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button