Laerskool Standerton se proppie- en broodknippieprojek was ‘n sukses en leerders het aan die uitdaging meegedoen.
Hulle moes so veel as moontlik bottelproppies en broodknippies insamel.
Dié projek beoog om met die hoeveelheid plastiek wat ingesamel word, in aanmerking vir ‘n rolstoel te kom.
‘n Rolstoel sal dan aan iemand wat dit benodig, geskenk word.
Die proppies het 885kg en die broodknippies 39kg geweeg.
Volgens me. Rida Viljoen, twee van die gr. 7’s se moeder, het die Sweethearts Foundation, ‘n nie-winsgewende organisasie, dié herwinningsprojek van stapel gestuur.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



