Local newsNews

Alta Mynhardt van Standerton glo aan diensbaarheid in die gemeenskap

Haar betrokkenheid by Hearts4Standerton strek vanaf 2011 en inisiatiewe onder meer by Hoërskool George Hofmeyr met ‘scrapbooking’-terapie, funksies by gastehuise, geldinsameling met ’n ‘High Tea’, skoufunksies vir die bejaardes en kospakkies by skole kan op haar curriculum vitae geskryf word.

Me. Alta Mynhardt wat al donkiejare ‘n bekende gesig by talle liefdadigheidsprojekte is, se terminale longsiekte het nie haar ywer vir die gemeenskap beïnvloed nie.

Sy is in 2012 met pulmonêre hipertensie gediagnoseer en was gevolglik totaal afhanklik van ‘n suurstofmasjien en vele medikasie.

“My toestand het so verbeter dat my spesialis in Februarie verstom was,” het Alta gesê.

‘n Ses-minuutlange wandeling sonder suurstof kon aangepak word en die roete het geleidelik langer geword.

Die Mynhardts het 28 jaar gelede vanaf Nigel na Standerton verhuis, die Standerton Hotel gekoop en sou entrepreneurs bly.

Hul seun Derick het in 2002 in ‘n motorongeluk gesterf, Stephan en sy gesin woon in eMalahleni (Witbank) en hul dogter, Velani en haar gesin woon al 18 jaar in Amerika.

Die grootouers het vier kleinkinders na die afsterwe van twee. Alta was op haar dag besig met dit wat vroue oor hul voorkoms die meeste ag.

“Ek was ‘n haarkapper met my eie salon en dit was heerlik om mense se voorkoms te transformeer,” het sy ook gesê.

“Ek kon my uitleef in my beroep.”

Opsommenderwys het sy dié beroep aan ‘n sielkundige gelykgestel.

“Ek wou aanvanklik ‘n maatskaplike werker word, maar het getrou met die man van my drome.”

Faan en Alta is nou 53 jaar getroud en sy het insette in die familie-onderneming van 1996 tot 2011 gelewer. Dit was juis op Faan se aandrang dat genoeg kosvoorraad en medikasie, vir sowat ses maande, tydens die inperking bestel is.

“Ons het self ons huis skoongemaak en doen dit nog steeds omdat ons in die hoë risiko-ouderdomsgroep val, en ook weens die siektetoestand.”

Hulle het saam tyd gehad om die Here te dien deur die Bybel te lees en saam te bid.Tegnologie het ook ‘n rol gespeel en die internet het hul kerk geword.

“Ons is so dankbaar daaroor en kon ook kontak met ons familie, kinders en kleinkinders hou.”

Alta het nie veel verklap oor die hoogtepunte in haar lewe nie, slegs een uitgesonder.

“Ek het gedurende die inperking gesien hoeveel ek kon doen sonder om suurstof te gebruik. Ek glo dat daar ‘n totale ommekeer in my siektetoestand is waarvoor ek alle eer aan die Here gee.”

Haar betrokkenheid by Hearts4Standerton strek vanaf 2011 en inisiatiewe onder meer by Hoërskool George Hofmeyr met ‘scrapbooking’-terapie, funksies by gastehuise, geldinsameling met ‘n ‘High Tea’, skoufunksies vir die bejaardes en kospakkies by skole kan op haar curriculum vitae geskryf word.

Met diensbaarheid in die gemeenskap is baie vriendskapsbande gesmee en sy het die vroue lof toegeswaai.

Daarbenewens het sy op die bestuur van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie gedien en ingespring met die Kersparty vir die kinders, etes vir die vrouegroep wat opleiding kry in alledaagse take en opheffing.

Jason English van Standerton se kankerstryd is ook raakgesien en hul onderneming, MRS Scrap Holdings, het verlede September ‘n gholfdag ten bate van hom gehou om geld in te samel vir sy behandeling.

In die kombuis sal beesstert saam met familie en vriende die aangewese keuse vir ‘n kuier wees.

Op haar boekrak, of moontlik langs die bedkassie, sal die Bybel kan oopval na Jesaja 29:11 en 12 en Psalm 23 vir teksgedeeltes, wat haar deur moeilike tye gehelp het.

Haar blik op die lewe het sy soos volg verwoord: ” My lewensfilosofie is nog altyd om goed te doen.

“Jesus het goedgedoen waar Hy gaan, siekes gesondgemaak, hongermense kosgegee, regtig na mense geluister en selfs tydgemaak vir kinders.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button