Standerton Buiteklub spog met ’n nuwe baadjie
Die voorsitter van die Phoenix-komitee, mnr. Pierre Schnetler, wat verantwoordelik was vir die herbou van die klubhuis, het sy dank en waardering uitgespreek teenoor die hoofkontrakteur, mnr. Len Fourie van Outbuild Construction, mnr. Rudi Fourie van LPF Elektries en mnr. Coert Henrico van Clearwater Plumbing, vir hul goeie werk en verbintenis tot die suksesvolle voltooiing van die klubhuis.
Standerton Buiteklub het op Vrydag 2 Oktober amptelik geopen nadat ‘n brand grootskaalse verwoesting aangerig het.
Na die gebeure van 24 Oktober 2018 is groot gedeeltes van die klubhuis tot houtskool verbrand.

Mnr. John Kock, Lekwa Brandweerdienste se stasiebevelvoerder, het op 26 Oktober 2018 aan die Standerton Advertiser gesê dat die brand vermoedelik ontstaan het weens ‘n elektriese fout in die gebou, aan die oostelike rivierkant.’n Forensiese ondersoek deur die polisie, asook ‘n onafhanklike versekeraar se ondersoek, moes afgehandel word. In ‘n persverklaring van Donderdag 8 Oktober is gesê dat jare se tradisie en herinneringe in ‘n oogwink vernietig en vir altyd verlore is.
Die klubvoorsitter, mnr. Gert du Preez, het by die opening al die lede teenwoordig bedank vir hul lojale ondertseuning en geduld tydens die bouproses, wat met ongekende omstandighede en uitdagings gepaardgegaan het.
Mnr. Pierre Schnetler, voorsitter van die Phoenix-komitee, wat verantwoordelik was vir die herbou van die klubhuis, het sy dank en waardering uitgespreek teenoor die hoofkontrakteur, mnr. Len Fourie van Outbuild Construction, mnr. Rudi Fourie van LPF Elektries en mnr. Coert Henrico van Clearwater Plumbing, vir hul goeie werk en verbintenis tot die suksesvolle voltooiing van die klubhuis.
Mnr. Schnetler het ook sy komitee bedank vir hul harde werk, tyd en moeite om van die projek ‘n sukses te maak.

Ander bedankings was die professionele spanne van Cloete Argitekte, Krugell Botha Bourekenaars, Pienaar Erwee Ingenieurs, asook KBK Ingenieurs, sowel as me. Jolandi Fourie vir die binnehuiseversiering en -afwerkings en me. Cecilia du Preez vir die tuinuitleg en hulp met die funksie.
Mnr. Du Preez het die uitvoerende komitee lof toegeswaai vir hul werk en insette, asook die klubbestuurder. me. Joanne Adendorff, vir haar harde werk en deursettingsvermoë in moeilike omstandigehede.

Die lint is daarna geknip.
Me. Ria Adendorff was verantwoordelik vir die gebak, wat saam met die skaap op die spit geniet is.
“Ons is trots op die klubhuis en hoop die publiek sal ons ondersteun,” het mnr. Schnetler op Donderdag 8 Oktober gesê.




