Local newsNews

Fotograwe skryf beste foto’s in vir Hoëveld Fotografieklub se maandvergadering op Secunda

Sluit by fotografieklub aan en leer meer oor fotografie.

SECUNDA – Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydagaand, 9 Oktober ‘n aanlyn-fotokompetisie gehad en hul beste foto’s ingeskryf.

Mnr. Danie Smit se foto, Melck Abbey Starcase was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling en hy het ook ‘n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook vir sy foto, After the Fire in die tweekleurige foto-afdeling.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het is mnr. Piet Potgieter met sy foto Gliding in die natuurvoëlsafdeling, dr. Leon Pelser vir sy foto, Bug in Rose in die natuurafdeling, me. Sonia Boucher vir haar foto’s, Music for the Soul en Stairs in onderskeidelik die pikturale- en voorgeskrewe onderwerpafdelings, me. Sussa Pelser vir haar foto’s The Old Pharmacist en Enjoy Life in onderskeidelik die pikturale- en fotojoernalistieke afdelings, mnr. James Harris vir sy foto, Lonesome in die pikturale afdeling en mnr. Jan Ferreira vir sy foto, Veereier in die pikturale afdeling.

Die beoordelaar vir die aand was mnr. Francois Rousseau.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydag, 6 November.

Vir meer inligting, kan mense gerus vir mnr. Pierre Jordaan skakel by dié nommer: 082 465 0248.

Mnr. Piet Potgieter het ‘n sertifikaat van meriete ontvang vir foto ‘Gliding’ in die natuurvoëlsafdeling.
Me. Sonia Boucher het ‘n sertifikaat van meriete ontvang vir haar foto ‘Music for the Soul’.
Me. Sussa Pelser het ‘n sertiikaat van meriete ontvang vir haar foto ”The Old Pharmacist’ in die pikturale afdeling.
Me. Sussa Pelser het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir haar foto ‘Enjoy Life’ in die fotojoernalistieke afdeling.
Mnr.Jan Ferreira het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, ‘Veereier’ in die pikturale afdeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button