Local newsNews

Secunda se VLU-lede vergader weer na inperking

Raak betrokke by VLU

SECUNDA – Lede van die Secunda VLU-tak het op Woensdag, 7 Oktober hul eerste vergadering gehou sedert die begin van die nasionale inperking.

Hulle het gesels oor hoe hulle die inperkingstyd beleef het.

Die vroue het hul items vir die kongres, wat in Augustus sou plaasvind maar weens die inperking gekanseleer is, steeds ingeskryf en die beoordelaars het dit vanaf hul huise beoordeel.

Me. Maryna Hartman het weggestap met die prys vir die lid wat die meeste punte op ‘n kongres behaal het.

Die Secunda VLU-tak het algeheel derde geëindig vir die tak met die meeste punte.

Vroue het dan ook hul maandelikse items ingeskryf vir Oktober se vergadering en me. Hartman en me. Lettie Visser het die meeste punte behaal. Me.Visser het 90 persent vir haar gebreide trui en 82 persent vir haar borduurwerk behaal, terwyl me. Hartman 85 persent vir haar mantel en 87 persent vir haar gordynwegbinders behaal het.

Die Secunda VLU-tak se volgende vergadering is hul afsluiting vir die jaar en vind in November plaas.

Vir meer inligting, of om by die VLU aan te sluit, skakel me. Launa Jansen van Vuuren by 061 065 7417.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button