Standerton se ouetehuis-direksie bestaan uit kundiges uit die gemeenskap
Ds. Riaan Botha, wat aan die stuur van die gemeenskap is, het gesê dat die direksie die belange van die gemeenskap vooropstel.
Kosmos Aftree-oord op Standerton se nuwe direksielede is slaggereed vir die uitdaging.
Die Standerton Advertiser kon met sommige direksielede in gesprek tree.
Ds. Riaan Botha, wat aan die stuur van die gemeenskap is, het gesê dat die direksie die belange van die gemeenskap vooropstel.
Mnr. Fanie Potgieter, wat bou- en eiendomsake behartig, het gesê dat die nuwe uitdaging aangenaam behoort te wees met inagneming van die goeie span wat betrokke is.
Me. Linda van Aswegen, wat bemarking en openbare skakeling hanteer, het gesê dat haar portefeulje die beste behartig sal word deur persoonlike kontak.
Ander lede is mnr. Hennie Pretorius vir personeel- en organisatoriese sake, mnr. Ferdie Weyers vir die sorgsentrum, mnr. Rudi van Rensburg vir die finansies en mnr. Ed Coulsen wat die inwoners verteenwoordig.
Die bestuurder van die ouetehuis, mnr. Jack la Grange, het op Dinsdag 6 Oktober gesê dat daar kundiges op die direksie is, wat sal poog om die toekoms van die tehuis te verseker.
Tydens die onlangse eerste direksievergadering, is die begroting ingedien.



