BETHAL – Lede van AfriForum se Bethal-tak het op Maandag, 28 September bome gesnoei wat die stoptekens op die N17-snelweg versper het.
Volgens mnr. Hennie Bekker, distrikskoördineerder van AfriForum, het dié bome ‘n veiligheidsrisiko vir motoriste ingehou en motoriste het gereeld versuim om by dié kruising, op die hoek van Wichtstraat en Kleynhansstraat, te stop.
“Klein projekte soos dié kan talle mense se lewens red en beserings voorkom,” het mnr. Bekker gesê. “Dié kruising word gereeld verontagsaam omdat mense nie die stoptekens kan sien nie.”
Om by AfriForum betrokke te raak, stuur ‘n SMS met die woord ‘Bethal’ na 45350. ‘n SMS kos R1.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



