Ermelo Fotoklub geniet Jacques se wenke oor makro-fotografie
Me. Adele Smit is met haar foto, Light music, as die junior-wenner aangewys en mnr. Andrew Roos met, Car light painting, is as die senior-wenner aangewys.
Ermelo Fotoklub het op 9 Oktober, tydens hul eerste maandvergadering na die inperkingstydperk, mnr. Jacques Kruger as spreker geniet.
Hy het hom daarop gefokus om sy kennis en raad oor makrofotografie met die klub te deel.
Die foto’s wat ingeskryf is vir Oktober is deur drie fotograwe van Uitenhage Fotoklub gestuur vir beoordeling.
Hulle het met elke foto goeie komentaar aan die fotograwe gegee, en genoem dat hulle dit geniet het om Ermelo se foto’s te beoordeel.
Elke maand kry fotograwe die kans om vier foto’s in te skryf, waarvan een van die foto’s in die vasgestelde onderwerp ingeskryf word.
Die vasgestelde onderwerp vir Oktober was Painting with light.
Me. Adele Smit is met haar foto, Light music, as die junior-wenner aangewys en mnr. Andrew Roos met, Car light painting, is as die senior-wenner aangewys.
Maak seker om die Hoëvelder te lees vir die volledige uitslae.



