VLU Vaalrivier-tak op Standerton se vroue touwys oor sojabone gemaak
Vir 'n resep vir soutprodukte kan sojabone in kookwater vir 20 minute geweek word, dan in 'n drukkoker vir 20 minute gesit word en die eindproduk lyk soos 'n suikerboon, sonder skil.
Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Vaalrivier-tak het op 13 Oktober die eerste keer vergadering na die grendeltydperk gehou.
Me. Carien Schabort het ‘n demonstrasie van sojabone gedoen en agtergrondinligting gegee.
Sojabone gaan van die land na silo’s en ‘n onderneming op Middelburg, enig in sy soort, bak en laat die sojabone afkoel, sonder om enigiets daaruit te verwyder.
Vir ‘n resep vir soutprodukte kan sojabone in kookwater vir 20 minute geweek word, dan in ‘n drukkoker vir 20 minute gesit word en die eindproduk lyk soos ‘n suikerboon, sonder skil.
Me. Schabort het humus, ‘n doopsous van sojabone, voorberei en die VLU-vroue het gaar sojabone by ‘n tamatie-en uiesmoor met sampioene gevoeg.
Volgens diegene wat weet, is dit al die proteïne in een pot, met geen vleis.
“Ons het heerlik aan die humus en soutgereg gesmul,” het me. Gerda Büter, takvoorsitter, gesê.



