Mandri Olivier wil stilte oor swangerskapverlies en stilgeboorte breek
’n Kind wat gebore word nadat die ouers deur ’n miskraam of stilgeboorte gegaan het, word na verwys as ’n reënboogbaba.
Oktober is Swangerskapverlies- en stilgeboorte-bewustheidsmaand en volgens statistieke het een uit elke vier mamma’s al ’n baba verloor, maar tog word daar nie sommer oor dié onderwerp gepraat nie.
Me. Mandri Olivier het besluit om die stilte te verbeek en hul verhaal met ander te deel om so ook vir ander ouers wat dieselfde moeilike pad moes stap, hoop te bring.
Die Olivier-gesin het in November 2007 dubbele vreugde ontvang, nadat hulle uitgevind het dat me. Olivier ’n tweeling verwag.
Sowat ses maande later het die vreuge in die grootste hartseer wat die paartjie ooit ervaar het, verander toe hul tweeling stilgebore is.
“Skok en ongeloof het al ons opgewondenheid oorgeneem en in ’n oogwink het ons drome aan skerwe gespat.”

Me. Olivier se plasenta het ’n skeur opgedoen wat so klein was dat dit nie op ’n sonar opgetel kon word nie en sy het later ook uitgevind dat dit nie ongewoon is in meerling-swangerskappe nie.
Die dag ná haar keiser, het sy wakker geword en haar man, mnr. Marius Olivier langs die bed gehoor huil.
Dis in dié oomblik wat hulle hul seuns die name Kian en Karlo gegee het. Vir me. Olivier was die ergste die dae en weke wat gevolg het, waar soveel van haar vriendinne hul swangerskappe aangekondig het.
Nege maande later het die egpaar uitgevind dat hulle weer swanger is, en het geglo dat dié baba vir hul gestuur is om hul seer so bietjie beter te maak.

Dit was egter van korte duur, en me. Olivier het sowat twee weke later ’n miskraam gehad.
’n Kind wat gebore word nadat die ouers deur ’n miskraam of stilgeboorte gegaan het, word na verwys as ’n reënboogbaba.
Die Olivier-egpaar het vir meer as vier jaar gewag vir hulle reënboogbaba, Luhan, was in November 2012 gebore is.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



