Local newsNews

Omgee-groep van Bethal en Secunda wil Vrystaat-boere só help

Laaste dag vir pakkies is 30 Oktober waarna dit die volgende week versprei gaan word.

HOëVELD – ’n Groep mense van Bethal en Secunda is só deur die plaasbrande in die Vrystaat geraak, dat hulle met omgee-pakkies na dié boere wil uitreik.

“Soos julle weet het ons boere in die Vrystaat wat alles verloor het met die veld brande,” het mnr. Wihan Fourie verduidelik.

Dié Bethaller het met die idee vorendag gekom om die omgee-groep te begin en hy is ook aan die stuur van die ’n Boere Hartklop-projek.

Dié omgee-groep wil namens die Hoeveldrif-gemeenskap die boere help.

“Ons vra dus om ’n pakkie op te maak met enige iets wat kan bydra of wat die aandag so bietjie kan aflei,” het mnr. Fourie gesê.

Daar is wel 3 vereistes wat in ’n pakkie geplaas moet word:

1. n Pakkie saad van groente of gras wat kan help. (seisoenaal)
2. Probeer om dit vrolik te maak om ’n bietjie sonlig en moed vir die boere te gee in hierdie donker tyd.
3. Pakkies moet asb nie meer as 2 kg weeg nie

Versamelpunte:

Trichardt: NIKKOR, 21 Carolusstraat. Weeksdae tussen 8vm en 4nm en Vrydae tot 1nm

Secunda: Ridge Times-kantore op die hoek van Nelson Mandela-rylaan en Pieter Wenningstraat (klein PnP-sentrum). Weeksdae tussen 8vm en 4nm en Vrydae voor 1nm.

Evander: Leuvenstraat 14 by Dolla Oosthuizen.

Bethal: Van Riebeeckstraat 11.  Reëlings kan ook getref word met Wihan (0726187201) om pakkies op Bethal op te laai.

Laaste dag vir pakkies is 30 Oktober waarna dit die volgende week versprei gaan word.

“Daar is baie instansies wat geld insamel, daarom het ons dit goed gedink om iets anders te doen. ‘n Regte #BoereHartklop-boksie. So kom ons vat hande en kyk hoeveel ons bymekaar kan maak.”

Vir meer inligting kontak gerus  vir Oosie by  076 051 0710 of vir Wihan by 072 618 7201.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button