Secunda Suikerbekkies leer hoe om 3D-versierings te maak
Woon vergadering in Januarie by.
SECUNDA – Die plaaslike groep vroue wat koeke versier, die Secunda Suikerbekkies, het in September hul eerste vergadering gehou sedert die inperkingstyd.
By dié vergadering het een van die lede, me. Rianna Beukes, gewys hoe om vryhand-figuurtjies wat as versiering vir koeke gebruik word, te maak.
Die Suikerbekkies het op Woensdag, 14 Oktober weer vergader en dié keer het me. Veronica Bentz gewys hoe om 3D-versierings vir koeke te maak.
Die vroue het ook nuwe voorskote met die organisasie se embleem daarop ontvang.
Hulle sluit in November hul jaar af en hul volgende vergadering wat belangstellendes kan bywoon, is op 20 Januarie.
Vir meer inligting, skakel me. Venessa Erasmus by 082 824 0775.






