NewsSchools

Agt Erries neem deel aan Oppie-Tong-Af se Nasionale eindstryd

Caylin Loock, Carla Ferreira, Danielle Koçaj en Jenna Oosthuizen het in die Afrikaanse voorbereide spanredenaarsafdeling meegeding.

Verskeie leerders van Hoërskool Ermelo het die afgelope week aanlyn aan die nasionale eindstryd van die Oppie-Tong-Af-redenaarskompetisie deelgeneem.

Caylin Loock, Carla Ferreira, Danielle Koçaj en Jenna Oosthuizen het in die Afrikaanse voorbereide spanredenaarsafdeling meegeding.

Die individuele redenaars het in die volgende kategorieë meegeding: Leandri Viviers (Afrikaanse voorbereide toespraak), Johnke Prinsloo (Engelse voorbereide toespraak), Raees Tikly (Engelse motiveringstoespraak) en Mienke Cloete (Goue Tong).

In die Goue Tong-afdeling het leerders ’n onderwerp en slegs vyf minute voorbereidingstyd ontvang, waarna hulle ’n toespraak van vyf tot sewe minute moes lewer.

Raees Tikly het besonder goed gevaar en het ’n landswye tweede plek in sy afdeling behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button