NewsSchools

EHS-landbouleerders besoek Jan Vos-landgoed van mnr. Jan Grey en kry blik op landbousektor

Die leerders het ook gesien hoe die veearts dragtigheid op vroulike diere getoets het, en hulle is geleer hoe om beeste inentings te gee.

Die gr. 10- en gr.11-landboubestuurleerders van Hoërskool Ermelo het op 7 Oktober die Jan Vos-landgoed van mnr. Jan Grey besoek.

Daar het die leerders geleer hoe om bulle se saad te tap en gesien hoe dit vir verskeie siektes getoets word.

Die leerders het ook gesien hoe die veearts dragtigheid op vroulike diere getoets het, en hulle is geleer hoe om beeste inentings te gee.

Algemene hantering van stoet-kuddes en die bestuur van ‘n Boran-stoet is tydens die besoek met die leerders behandel.

Daarna het die leerders die melkportaal en die behuisingstelsel by die melkbeeste besigtig waar hulle kon sien hoe tegnologie hierdie boerdery-afdeling tot sukses lei.

Mnr. Pieter Grobler, Hoërskool Ermelo se hoof, het gesê: “Die Erries bedank vir mnre. Hendi-Hein Matthews en Jan Grey vir hulle tyd en vir die ongelooflike leerervaring waarby Hoërskool Ermelo se leerders soveel kon baat.”  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button