Local newsNews

Ondersteun die Boks vir ’n Boer-projek vir boere wat deur brande in Vrystaat geraak is

Die Pak ’n Boks vir ’n boer-projek is daarop gefokus om hulp te verleen aan die talle boere wat hul besittings in dié brande verloor het.

AfriForum het ’n projek geloods om die boeregemeenskap van die Wes-Vrystaat (Hertzogville, Boshof, Hoopstad, Dealesville en Bultfontein) te ondersteun ná vandeesweek se verwoestende brande.

Honderde beeste, skape en wild het doodgebrand of moes van kant gemaak word en sowat 130 000ha weiding het in die slag gebly.

Die Pak ’n Boks vir ’n Boer-projek is daarop gefokus om hulp te verleen aan die talle boere wat hul besittings in dié brande verloor het. Wonderwerkies kleuterskool is ’n versamelpunt vir die bokse.

Bokse moet op Maandag, 26 Oktober ingehandig word wat dan op 27 Oktober na AfriForum se hoofkantoor in Centurion afgelewer sal word.

Die lysie van benodighede vir ’n boks is:

• Toiletware
• Blikkieskos
• Beskuit
• Koekies
• Koffie
• Suiker
• Tee
• Langlewemelk
• Oor-die-toonbank-medisyne

Me. René van Rooyen, eienaar van Wonderwerkies kleuterskool het vertel dat inwoners wat net los items wil skenk is welkom, wat hulle dan in onvolledige bokse sal pak.

Inwoners wat ’n bydrae wil maak, word daaraan herinner dat die bokse op 26 Oktober ingehandig moet word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button