Local newsNewsUpdate

Nonnie Jordaan ongedeerd en weer veilig tuis

Volgens sy inskrywing op Facebook het sy ma ’n swart top en oranje driekwartbroek aan gehad.

OPVOLG – 25 Oktober: 6.49nm

Die Hoëvelder kan bevestig dat me. Jordaan ongedeerd en veilig terug is by die huis.

Mnr. Werner Smit, haar seun, het aan die Hoëvelder bekendgemaak dat sy broer vanuit Witbank ook onderweg was om na haar te soek, toe sy gevind is.

Hy het sy dankbaarheid teenoor die Ermelo gemeenskap betuig vir hul onbaatsugtige hulp.


Me. Nonnie Jordaan van Ermelo is sedert 12nm vanmiddag, 25 Oktober vermis.

Haar seun, mnr. Werner Smit, het hom na Facebook gewend om mense om hulp te vra.

Volgens sy inskrywing op Facebook het sy ma ’n swart top en oranje driekwartbroek aan gehad.

Mnr. Werner Smit, het hom na Facebook gewend om hulp nadat sy ma omstreeks 12nm hul huis verlaat het en nie teruggekeer het nie. Foto: Verskaf

Sy was glo laaste in De Bruinpark gesien.

Na wat verneem word van haar skoondogter, me. Ashley Kloppers, het sy om die blok gaan stap en het nie teruggekeer nie.

Indien enige iemand meer inligting het, kan hulle mnr. Smit by 061 567 6134 skakel of Ashley by 061 661 4661.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button