NewsSchools

Matrieks sit slotte op by Hoërskool Secunda

Leerders neem verantwoordelikheid vir hul toekoms.

SECUNDA – Matriekleerders van Hoërskool Secunda het op Vrydag, 16 Oktober met ‘n nuwe tradisie by dié skool begin omdat hulle inperkingsmatrieks is.

Hulle het slotte met hul name op by die skool opgehang.

Hulle hou die sleutels van die slot by hulle omdat dit simboliseer dat hulle self verantwoordelikheid vir hul toekoms aanvaar.

Hoërskool Secunda se matrieks het ook op dié dag die geleentheid gehad om, saam met al die matrieks landwyd, hul eindeksamenbelofte te onderteken.

Die geleentheid is op gepaste wyse geopen deur past. Wayne Pretorius wat ‘n boodskap oor die sleutels tot sukses gelewer het.

Die hoof, mnr. Lourens Pieterse, het die matrieks bemoedig vir die eksamen wat voorlê.

Die skool se bestuur het die matrieks alle vorospoed vir hul eindeksamen en hul toekoms toegewens.

Ruchelle van Heerden, matriekleerder aan Hoërskool Secunda, hang haar slot op tydens ’n nuwe instelling by Hoërskool Secunda.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button