Hoërskool Ermelo se gr.12-leerders is op 19 Oktober tydens ’n spog-prysuitdeling vir hul harde werk beloon.
Die Top Tien vir 2020 is Vosjan Grey, Zara Büchling, Simoné Beyer, Alana Leibbrandt, Dané du Toit, Jana Nel, Anja Wege, Elizia van Heerden, André Strauss en Kerry-Ann Botha.
Van die spesiale pryse wat toegeken is, is die ware heer en ware dame wat onderskeidelik aan Chad Coetzee en Ania Snyman toegeken is.
Vosjan Grey en Yané Broekman het die prys vir Kameradie ontvang en Luyanda Mabuza en Mandisa Dube vir “Companionship”.

Yané Broekman, Zara Büchling, Vosjan Grey, Amy Greyling, Alana Leibbrandt, Precious Matshaya, Jana Nel, Bonke Sambo en GJ Swart het “Onthou-medaljes” wat deur TWK geborg, ontvang.
Die boekpryse vir Beste tweetaligheid is toegeken aan Zara Büchling (Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal) en Ania Snyman (English Home Language en Afrikaans Eerste Addisionele Taal).
Vosjan Grey is as die Dux-leerder vir 2020 aangewys en hy het drie toekennings wat ’n kontantbedrag, silwer skinkbord en die Fairbairn-medalje insluit, ontvang.
EHS het die hoofborg, TWK, asook elke ander borg wat bygedra het om 2020 se prysuitdeling ’n sukses te maak, bedank.
Mnr. Pieter Grobler, EHS se hoof, het gesê: “Baie geluk aan elke leerder wat ’n toekenning ontvang het en dankie aan elke gr.12 wat ten spyte van ’n moeilike jaar die ekstra myl gestap het om hul laaste jaar as Erries goed af te sluit.
“Hoërskool Ermelo is trots op elkeen wat op verskeie gebiede die EHS se naam steeds hoog gehou het.”




