Die leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie is op 19 Oktober tydens die jaarlikse prysuitdelingsfunksie vereer vir hulle harde werk en toewyding die afgelope jaar.
Ruben Herbst het die trofee vir mees waardevolle senior krieketspeler ontvang,
Jané Bosman het die trofee vir die grootste bydrae gelewer tot netbal en Cara Bruwer het die trofeë vir die grootste bydrae gelewer tot hokkie en beste senior dogter-hokkiespeler ontvang.
Siphosethu Mkwnazi is as die beste senior netbalspeler aangewys.
Die beste senior seunshokkiespeler-trofee is aan Hardu Prinsloo en Siyabonga Willie toegeken.


Carla Barnard en Cristian Ortega het die trofeë ontvang vir leierskap.
Amor van der Walt is vir die grootste bydrae gelewer op kulturele gebied gedurende haar skoolloopbaan vereer, terwyl Lelani Davel die pryse vir suiwer gebruik van Afrikaans, Beste Senior Redenaar en Beste Afrikaanse kreatiewe skrywer ontvang het.
Ammaarah Arbee is aangewys as die Dux-leerder vir gr.12, met ’n gemiddeld van 93.29%, en het ook die pryse vir die beste Engelse Husitaal kreatiewe skrywer en tweetaligheid ontvang.
Cara Bruwer het die jaarlikse Ligbron-ambassadeurstoekking ontvang.
Schoeman Terblanche het die prys vir die beste bydrae gelewer tot die bevordering van Afrikaans ontvang.
Die Liggies het TWK Agri, Ermelo Phoenix Rotary Klub, Top Carpets and Floors, Mix & Match en ENA Boekwinkel bedank wat as borg opgetree het.





