Die jaarlikse matriekafskeid is vir elke matrikulant ’n hoogtepunt en dit is elke jaar vir die onderwysers en ouers van Hoërskool Ermelo ’n groot voorreg om vir dié leerders ’n glans-geleentheid vir matriekafskeid te reël.
EHS se gr.11-leerders, hul ouers en onderwysers het op 23 Oktober wee reens ’n spog geleentheid by Perdekraal gereël.
Ten spyte dat alles op kort kennisgewing gereël moes word weens Covid-19, het dit nie die organiseerders se geesdrif gedemp nie.
Die leerders het voor die matriekafskeid met hulle pragtige uitrustings tydens ’n modeparade voor die skool se hoofgebou gespog.
Dit het duidelik geblyk uit die emosionele toesprake wat deur die hoof, mnr Pieter Grobler, en die twee presidente van 2020, Vosjan Grey en Jana Nel, gegee is dat die band tussen die groep leerders en onderwysers beslis iets besonders was.
Mnr. Grobler het dié leerders alle seën en voorspoed vir die toekoms toegwens.
Nie net was daar ’n spesiale tekenprent-kunstenaar vir die gr.12’s gereël nie, maar het die Erries ook die aand saam met ’n span van kykNet gedeel.
EHS se opname deur kykNet word in Januarie 2021 op kykNet Skole Top 10 uitgesaai.



