Local newsNews

Standerton se VLU-vroue onderrig in die maak van ’n ruikertjie

Die ‘Mary Stuart’-gebed, wat algemeen deur die VLU aanvaar word, is voorgelees.

Die Kaalspruit-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het op Dinsdag 20 Oktober byeengekom om vergadering te hou, asook meer geleer oor die maak van ‘n ruikertjie, beterbekend as ‘n ‘posy’.

Die hitte het me. Roz du Preez, wat die demonstrasie gedoen het, vroeg laat opmerk:

“Ek wou nie hitte vir die demonstrasie hê nie.”

Die takvoorsitter, me. Marietjie Swart, het die agendapunte behandel nadat die ‘Mary Stuart’-gebed, wat algemeen deur die VLU aanvaar word, voorgelees is.

Met vroue wat familielede in die boerderybedryf het, is die plantseisoen en moontlike reën sydelings bespreek.

“Jy kan in die droogte plant, maar nie in die modder nie,” het me. Swart ‘n familielid aangehaal.

Die Hoëveld Streekkonferensie se reëlings vir Februarie is ook bespreek.

Vroue het onder meer hul troufoto’s na die vergadering gebring en punte is vir deelname toegeken.

Daarna was me. Du Preez aan die beurt en die lede en gaste het aandagtig geluister en toegekyk. Die tak beplan om hul afsluitingsfunksie op 17 November te hou, terwyl die streekafsluiting op 11 November op Secunda sal plaasvind.

Mee. Charlotte Jacobs en Marietjie Swart (voorsitter: Kaalspruit-tak) aan die kop van die tafel tydens die demonstrasie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button