VIDEO: Ermelo staan op teen plaasmoorde tydens vreedsame Swart Maandag-optog
Met die Swart Maandag-veldtog was betogers daarop gespits om meer bewustheid oor plaasmoorde skep.
Ermelo-inwoners het op 25 Oktober opgeruk om aan ’n vreedsame optog teen plaasaanvalle en -moorde op boere landswyd deel te neem.
Met die Swart Maandag-veldtog was betogers daarop gespits om meer bewustheid oor plaasmoorde skep.
Sowat 150 mense, meestal geklee in swart het die diens en optog by Ermelo-skouterrein bygewoon.
Die oggend is deur skriflesing en gebed geopen, waarna verskeie toesprake gelewer is.
Mnr. JJ Scholtz het tydens sy toespraak ’n verhaal vertel van ’n park wat van al hul ou olifantebulle ontslae geraak het en daar daarna chaks in dié park was.

Hy het gesê: “Die jong bulle het nie ’n voorbeeld gehad van hoe hulle moet optree nie, en het dus gemaak soos hulle wil.”
Met die boodskap het hy ’n beroep gedoen op elke pa in ’n huishouding om op te staan, hul gesinne te lei en die voorbeeld te stel.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.




