Local newsNews

Suzanne eindig onder top 10 van Skryf jou Storie-kompetisie

Sy het vertel dat die top 10 skrywers, saam met hul gades by Emperors Palace in weelde getrakteer is.

Me. Suzanne Volschenk-Walsh, wat in Maart 2019 haar kortverhaal-boek, Katriena, Katrien Katryn, gepubliseer het, het sederdien vir vele skryfkompetisies ingeskyf.

Sy het sosiale media as haar platvorm gebruik, en meestal op Facebook-groepe teen opkomenede skrywers meegeding.

Haar kortvehaal, Klippie in die Karoo, wat vertel van die seer in die lewe, het ’n kompetisie op die groep SA Skrywers gewen, en het ook daarmee in Julie 2019 ’n boekprys gewen.

Me. Volschenk-Walsh het in Maart 2020 vir die kompetisie, Skryf jou Storie, ingeskryf waar die skrywers elke week vir 11 weke lank ’n onderwerp ontvang het waaroor hulle moes skryf.

“Die temas het skrywers die geleentheid gegee om jou hart en siel in jou skrywe te plaas, en elke week jou siel skoon te skryf,” het sy vertel.

Vier beoordeelaars het die kompetisie beoordeel en skrywers het teen beginners sowel as skrywers wat reeds boeke gepubliseer het, meegeding.

Me. Volschenk-Walsh het na afloop van die kompetisie onder die top 10 skrywers geëindig.

Sy het vertel dat die top 10 skrywers, saam met hul gades by Emperors Palace in weelde getrakteer is.

“Ek is kinderlik opgewonde oor die pad vorentoe.”

Mnr. Louis Liebenberg, die stigter van groep, Skryf jou Storie, het die pryse aan die wenners oorhandig.

Liz Meiring, die Afrikaanse aktrise, regisseur, teatervervaardiger, TV-aanbieder, kunsteaktivis, kreatiewe konsultant en skrywer het die wenners tydens die onthaal toegespreek.

“Sy skryf deesdae haar eie produksies en het ons vertel van haar reis om dit te kon bereik, en het ook vir ons vertel van die groot skrywersgeeste wat ’n pad saam met haar geloop het, om dit moontlik te maak.”

Van die ander sprekers vir die aand was onder andere me. Sonja Brown, ’n gepubliseerde skrywer.

Me. Volschenk-Walsh is opgewonde oor wat die jaar vir haar en haar skryfwerk inhou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button