AfriForum doen opknappingswerk by Davieshof
Sluit aan by organisasie en ondersteun ander.
SECUNDA – Lede van AfriForum se Secunda-tak en buurtwaglede het onlangs opknappingswerk by Davieshof gedoen.
Hulle het ook na veiligheidsrisiko’s gekyk en muurpanele wat uitmekaar geval het, herstel.
“Dit het ’n groot veiligheidsrisiko vir inwoners ingehou omdat enige iemand toegang tot die erf kon kry,” het mnr. Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Secunda-tak, gesê.
Lede het ook een van die woonstelle uitgeverf voordat ’n nuwe intrekker ingetrek het.
“Dit is vir my ’n riem onder die hart om te sien dat baie van ons AfriForum-takke en -buurtwagte na ons bejaardes omsien in ’n tyd waar dit broodnodig is,” het mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.
Hy het die gemeenskap aangemoedig om by strukture soos dié betrokke te raak. Stuur ’n SMS na 45350. ’n SMS kos R1.



