Hoërskool Ermelo se gr.12-kunsleerders het tydens die kunskompetisie wat jaarliks deur die Departement van Onderwys geloods word uitstekend presteer.
Van die 137 inskrywings wat vir die kompetisie ontvang is, het sewe leerders van EHS uitslae bo 80% behaal.
Miceala Erasmus het 87% asook ’n algehele tweede plek in Mpumalanga verwerf.

LEES OOK: Hoërskool Ermelo hou pragtige graad 12-Lourierfunksie
Mnr. Pieter Grobler, Hoërskool Ermelo se hoof, het gesê: “Hierdie is ’n besonderse prestasie en getuig van harde werk en ’n pragtige kunstalent.”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



