Local newsNews
Secunda se Rondekerk hou basaar
Daar gaan verskeie soorte kos wat potjiekos, worsrolle, kerrie en rys, hamburgers, sosaties, pannekoek, gebak en heerlike poedings insluit, te koop wees.

SECUNDA – Die Rondekerk hou môre (Saterdag, 7 November) hul jaarlikse Rondefees en vanjaar se tema is ‘Dis ’n Sirkus’ omdat die kerkbestuur meen 2020 ietwat van ’n sirkus was.
Die fees skop om 9vm af en sal duur tot 2nm.
Daar gaan verskeie soorte kos wat potjiekos, worsrolle, kerrie en rys, hamburgers, sosaties, pannekoek, gebak en heerlike poedings insluit, te koop wees.
Daar sal ook stalletjies wees wat lekkergoed vir die kleinspan en houtspeelgoed gaan verkoop asook gesigverf, ’n springkasteel en ’n hanswors of twee.
Die Wit Olifanttafel beloof om verskeie winskopies beskikbaar te hê. Die gemeenskap is welkom om dié ‘sirkus’ by te woon.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!