Local newsNews

Skud die vere reg vir Kersmark op Standerton

Voornemende uitstallers kan dan in die parkeerarea van die sentrum vanaf 9vm tot 1nm hul ware van die hand sit.

Me. Janelize Roux van Solidariteit Helpende Hand se ‘Ons Winkel’ beplan ‘n Kersmark op Saterdag 12 Desember.

Dié onderneming het op 22 Julie in die Fazy-sentrum op Standerton geopen.

“Ek wil konsentreer op uitstallers wat items vir Kersfees sal verkoop,” het me. Roux gesê.

Voornemende uitstallers kan in die parkeergebied van die sentrum vanaf 9vm tot 1nm hul ware van die hand sit.

Speelgoed, Kersversierings en Kersgeskenke is welkom, maar geen eetgoed sal verkoop word nie.

Stalletjies sal teen R200 bespreek kan word en die geld gaan aan Solidariteit Helpende Hand.

Kinders wat moontlik vanjaar nie ‘n geskenk sal ontvang nie, sal by die mark met ‘n geskenkie bederf word.

Fotograwe wat belangstel om foto’s van Kersvader en die jongspan by ‘n stalletjie af te neem, kan met me. Roux in verbinding tree.

Die sperdatum vir besprekings van stalletjies is einde November.

Verdere besonderhede oor die mark sal later bekendgemaak word.

“Die slagspreuk ‘saam maak ons ‘n verskil’ sal hopelik hierdeur verwesenlik word,” het me. Roux ook gesê.

Skakel me. Roux by 082 517 3779.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button