Local newsNews
Moths onthou kamerade tydens herdenkingsdiens
Die publiek, organisasies en veterane het ook die geleentheid gekry om kranse ter nagedagtenis van hul geliefdes neer te lê.
Lede van die M.O.T.H.S. (Memorable Order of Tin Hats) op Ermelo het op 8 November hul jaarlikse herdenkingsdiens en kranslegging ter ere van oud-kamerade by Monte Sole Shellhole aangebied.
Huldeblyke is tydens die roerende diens aan gesneuweldes in die wêreldoorloë en ander wat die hoogste prys betaal het in diens van hul land, gebring.
Die publiek, organisasies en veterane het ook die geleentheid gekry om kranse ter nagedagtenis van hul geliefdes neer te lê.
Ds. Dif Ehlers het die oggend op gepaste wyse geopen.
Die Moths het almal bedank wat die parade bygewoon het en hulle tyd afgestaan het om saam met hulle oud-kamerade te onthou.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



