Local newsNews

GEVIND – Karmen Swanepoel van Ermelo is ongedeerd en veilig gevind

Na wat verneem word van haar vriendin me. Stacey Kruger is die saak ook by die polisie aangemeld.

OPVOLG – 10 November: 14.20nm

Me. Karmen Swanepoel wat sedert 9 November vermis was, is ongedeerd en veilig gevind.

Volgens haar ma, me. Lizette Grobler is sy op ’n plaas buite Aliwal-Noord gevind.

Me. Grobler het gesê: “Die boeregemeenskap het baie kameras op hul paaie en ons kon die registrasienommer van die voertuig identifiseer agter wie sy aangery het, en het so by die boer uitgekom waar sy gaan kuier het.” 

Die plaas is in die berge met geen selfoonopvangs nie.

“Ons dank en gee al die eer aan Jesus Christus en elkeen wat help soek het.“ 

“Dankie vir elkeen se gebede en ondersteuning. Ons bid elkeen toe vrede en seën in YAHVAHSHUA.”


Me. Karmen Swanepoel van Ermelo is sedert 9 November vermis.

Vriende van me. Swanepoel het hul na Facebook gewend om mense om hulp te vra.

Volgens die inskrywing op Facebook was me. Swanepoel oppad na Aliwal-Noord, maar het nooit by haar bestemming uitgekom nie.

Me. Karmen Swanepoel van Ermelo is sedert 9 November vermis.

Sy bestuur ’n wit Ford Kuga en het vanaf Ermelo gereis.

Na wat verneem word van haar vriendin, me. Stacey Kruger, is die saak ook by die polisie aangemeld.

Indien enige iemand meer inligting het, kan hulle mnr. Jaco van der Merwe kontak by 082 380 8770, mnr. Cobus Kruger by 073 304 3304 of me. Stacey Kruger by 082 375 8972.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button