Mededoë met haweloses en dwelmverslaafdes by sopkombuis op Standerton
“Met inagneming dat die meeste straatslapers en dwelmverslaafdes is, is dit verbasend dat mense se harte tog oop is,” het die sakeman gesê.
Kuyenzeka Kunkulunkulu behartig die kook- en skoonmaakwerk by Saterdae se sopkombuis op die dorp.
Die sakeman by wie se perseel dit plaasvind, het op Vrydag 6 November gesê dat donasies so ruim is dat hulle elke Saterdag kos kan uitdeel.
Selfs ‘take-aways’ kan soms voorsien word.
“Met inagneming dat die meeste straatslapers dwelmverslaafdes is, is dit verbasend dat mense se harte tog oop is,” het die sakeman gesê.
Lede van Kuyenzeka Kunkulunkulu, ‘n nie-winsgewende organisasie, doen die kookwerk, bedien die aanwesiges en maak skoon daarna.
Woordbediening, sang en gebed is deel van die verrigtinge.
Volgens die sakeman, het die meeste straatslapers nog nooit ‘n Bybel besit of gelees nie, en was ook nog nooit in ‘n kerk nie. Enkeles van hulle kom ooglopend uit goeie omstandighede, maar het op straat beland vanweë een of ander rede.
Enigeen wat betrokke wil raak, kan met die koördineerder, mnr. Muzi Nzimande, by 060 700 6446 in verbinding tree.
Mnr. Nzimande het al hul borge bedank wat dié inisiatief moontlik maak.



