Local newsNews

Ondersteun Helpende Hand se markdag op Secunda

Modelle kan inskryf vir modeparade.

SECUNDA – Helpende Hand bied, in samewerking met AfriForum Jeug, op Saterdag, 14 November ‘n markdag en modeparade by Davieshof op Secunda aan.

Dié verrigtinge begin om 10vm en sal tot 5nm duur.

Modelle kan gerus inskryf vir die modeparade en die kans staan om pryse te wen.

Inskrywings vir die modeparade is R150 per persoon.

Daar gaan sowat 30 uitstallers wees wat verskeie soorte kos, vetplante, maskers, gebak en vele meer gaan verkoop.

Helpende Hand gaan van die geleentheid gebruik maak om op dié dag hul Droomrokke-projek te bemark en uit te stal.

Een van die organiseerders van die dag en voorsitter van Helpende Hand se Secunda-tak, me. Liza de Coning, het gesê mense kan hul ou matriekafskeidrokke- of aandrokke skenk vir die projek.

Vir meer inligting, of om uitstalruimte te bespreek, skakel me. De Coning by 082 567 2247.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button